Dienste

Sunday morning is the practice of a counter life through counter speech. The church on Sunday morning... may be the last place left in our society for imaginative speech that permits people to enter into new worlds of faith and to participate in joyous, obedient life. Walter Brueggemann

 

 

Ons kom saam met die begeerte om te verdiep in ons liefde en toewyding. Ons glo dat iets kragtig gebeur wanneer 'n gemeente saamkom om te aanbid ons lewens oopstel om deur lering en verkondiging aangespreek te word. Die samekoms van die gemeente vir hierdie doel sal nooit uitgedien raak nie. Ons beywer ons daarom om diep en sinvolle dienste te beplan en met die hulp van die Heilige Gees glo ons dat jy dit in ons dienste sal beleef dat ons liggaam van Christus is en ook tempel van die Heilige Gees.

Kidz@Eden

Kidz@Eden is nie net nog ’n kinderkerk is nie, maar ’n kinderbediening waar dit vir ons belangrik is om ons kinders, volgens hul ontwikkelingsfase, bekend te stel aan ’n liefdevolle verhouding met Jesus.  

 

Kidz@Eden is ’n kinderbediening, waar kinders herderlik begelei word, veilig hulleself kan wees en ondersoekend vrae kan vra, waar God se waarhede met pret en opwinding ontdek kan word.

Tieners

Eden se TIENERS kom elke Woensdag 19:00 bymekaar vir ECHO NIGHTS, elke Sondag is daar ook 'n spesifieke geleentheid vir Graad 8&9 saam met ons oggend dienste. 

Eden 8:30 & 10:00

- Energiek 

- Ook stil en ernstig

- Kontemporêr 1 

- Gevlegde musiek en prediking

Uitreike

Eden Gemeente wil 'n teenwoordigheid van omgee in die gemeenskap uitleef. Ons werk saam met verskeie nie-winsgewende organisasies om 'n verskil te maak in die nood van ons omgewing. Ons glo dat die armoede en pyn rondom ons aan ons die geleentheid bied om Jesus se boodskap van geloof, hoop en liefde tasbaar te verkondig.

 

Ons het 'n hele aantal groot projekte wat ons deur die jaar aanpak en werk hoofsaaklik met Life Community Services. Huis 4 by Môreson Kinderhuis is ook ons verantwoordelikheid en ons is betrokke in alle aspekte van die kinders se lewe.

eden gemeente
saam op reis

DIENSTYE:

Sondagdienste tydens vakansie:
8 Desember 2019 tot 5 Januarie 2020 om 08:30
 
Kerssangdiens:
8 Desember 2019 om 18:00
Kersdienste:
25 Desember 2019 om 08:30 & 10:00
Sondagdienste 2020:
12 Januarie 2020 om 08:30 & 10:00 - Twee dienste hervat
 

044 889 0130

Whatsapp:

081 801 1208

info@edengemeente.com

N2-en-Route Wildernis

Kraaibosch

Koördinate

S 33°59'25.214" , E 22°31'0.542" 

Posbus12538 

Garden Route Mall 

6546

Eden Kantoor

Maandag - Donderdag 8.00 - 16:00

Vrydae 8.00 - 13.00

Klik hier vir meer info oor Eden Kantoor

  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon