GEE

’n Mens wat met onbelangrike dinge vertrou kan word, kan ook in belangrike sake vertrou word. Maar iemand wat oneerlik is in onbelangrike dinge sal in die belangrike sake ook oneerlik wees. As julle dan onbetroubaar was in verband met geld wat so dikwels oneerlik gebruik word, wie sal dan die dinge wat werklik waardevol is aan julle toevertrou? As julle nie vertrou kon word met die goed wat nie julle eie was nie, hoe kan God julle die dinge gee wat Hy vir julle bedoel het? (Luk 16:10-12 LB)

 

Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe. (Mark 10:29-30)

 

Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. (2 Kor 9:6)

 

Dit slegs moontlik om jou lewe betekenisvol te leef, as jy Christus begin volg deur hoe jy met jou geld maak.

 

Jesus maak vrygewigheid nie 'n mikpunt nie, maar 'n vertrekpunt vir jou groei in jou verhouding met God. Hy sê dit is een van die eerste toetse vir sy volgelinge. Hy sal nie groter verantwoordelikhede kan toevertrou aan 'n mens wat Hom nog nie gehoorsaam is deur vrygewig te wees nie.

 

Jy volg 'n Redder wat sy lewe weggegee het. Hy wil jou leer om soos Hy te wees. Die vreemde paradoks is dat Hy belowe dat hulle wat nie leef om ryk te word nie, maar om te gee, ryker sal wees as wat hulle andersins sou wees. Hulle wat nie vir rykdom leef nie, word waarlik ryk!

 

Op hierdie blad kan jy lees en na videos kyk om meer oor die bestuur van jou finansies volgens Bybelse beginsels te leer.

Leesplanne

VREEMDE PARADOKS

Artikels / Leesstof / Videos