Gebed

Bid sonder ophou. 1 Thes 5:17

 

In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser... 1 Tim 2:1-3

 

Transactions between God and human persons depend on speech. Words heard and spoken... our task in life is to share in that conversation. We are all of us in some way creatures of a word. When the words stop, when the conversation ceases, we shall no longer be in communion. Conseqently, we shall no longer exist. We live only as we engage in serious conversation. Walter Brueggemann

 

 

Om met God te kan praat – wat 'n wonderlike gedagte! Jou grootste geskenk is die uitnodiging van God dat jy Hom kan ken. En jy kan God al hoe beter leer ken deur met Hom in 'n lewenslange tweegesprek te gaan. Dit is die wonder van gebed. Jou gesprek met God, en syne met jou.

 

As jy gebed as 'n ritme in jou lewe inbou en daarin volhard sal hierdie gewoonte mettertyd een van die grootste kragte in jou lewe word. Glo dat gebed kragtig is en laat jou diep voorneme om met God te wandel deur gereelde gebed nooit ooit vaar nie.

 

Op hierdie blad kan jy lees en na videos kyk om meer oor gebed te leer.

Leesplanne

BID SONDER OPHOU

Artikels / Leesstof / Videos