BYBEL

Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.  Mat 4:4

 

Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.  Mat 22:29

 

Een van die heel belangrikste geloofsgewoontes of ritmes wat jy as 'n volgeling van Jesus in jou lewe moet inbou, is om die Bybel gereeld te lees. En nie net te lees nie, maar op só 'n manier te lees dat dit jou manier van dink, en ook jou manier van leef begin verander. 

 

Jy kan fisies nie lank oorleef indien jy nie kos eet nie. Jesus sê dat dieselfde geld geestelik. Indien dit nie met jou so is dat God se woorde met jou praat nie, sal jy ook geestelik nie kan oorleef nie.

 

 

Welkom by hierdie reis, op hierdie blad gaan jy leesplanne kry wat jy op Youversion kan lees. 

DIE WOORDE VAN GOD

Leesplanne
Artikels / Leesstof / Videos