Eden Gemeente

 'n Geloofsgemeenskap in die mooie Tuinroete van die Suid-Kaap. Ons wil saam op 'n reis wees waarin ons al hoe meer leef met die oortuiging dat die lewe net oor liefde gaan. Liefde vir God en mense. Ons glo dat die volmaakte Leermeester van die Liefde deur sy lewe op aarde vir ons 'n voorbeeld kom stel het sodat ons in sy voetspore mense van liefde kan word.

Dienstye

Paasdienste
Goeie Vrydag  29 Maart  08:00 & 09:30  (Kinderkerk tydens albei dienste)
Stil Saterdag  30  Maart  08:30
Paassondag  31 Maart  09:00 (Kinderkerk tydens diens)
Aanlyndienste
Sondae  09:00

Sondag se Preek

Indien jy na Sondag se preek wil luister, of gratis na enige ander boodskap in ons argief, is jy welkom om hierdie skakel te gebruik. Ons vertrou dit sal jou versterk en bemoedig.

Eden Gemeente Aanlyn

Eden Gemeente het vriende, belangstellendes, en aanlynlidmate oor die hele wêreld. Ons is bly jy wil saam met ons reis. Jy is welkom om op Sondae in te skakel wanneer ons die diens lewendig stroom. Daarna is dit ook beskikbaar om op jou eie tyd te kyk. Gebruik gerus hierdie skakel.

Wie is ons?

Ons kom saam met die begeerte om te verdiep in ons liefde en toewyding. Ons glo dat iets kragtig gebeur wanneer 'n gemeente saamkom om te aanbid en ons lewens oop te stel om deur lering en verkondiging aangespreek te word. Die samekoms van die gemeente vir hierdie doel sal nooit uitgedien raak nie. Ons beywer ons daarom om diep en sinvolle dienste te beplan en met die hulp van die Heilige Gees glo ons dat jy dit in ons dienste sal beleef dat ons liggaam van Christus is en ook tempel van die Heilige Gees.

Volg ons.